Franse Nasionale Dag

'n Vuurwerkvertoning op die Paryse Champ de Mars op 14 Julie 2018, met die Eiffeltoring in die voorgrond

Die Franse Nasionale Dag (Frans: La fête nationale française of le quatorze juillet - letterlik die 14de Julie) of Bastilledag word sedert 1880 elke jaar op 14 Julie gevier. Die dag gedenk die Fête de la Fédération wat gehou is tydens die eerste viering van die bestorming van die Bastille wat op 14 Julie 1789 tydens die Franse Rewolusie plaasgevind het. Die bestorming van die Bastille is gesien as 'n simbool van die opstand van die moderne Franse nasie en die versoening van al die Franse binne die grondwetlike monargie wat die Eerste Republiek voorafgegaan het en die einde van absolute monargie in Frankryk aangedui het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search